![Nuwe video wys 6 Mali-gyselaars](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-220-150x150.png)
Die regering het bevestig dat die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, wat vir ses jaar deur Al-Qaeda gyselaar gehou is, in Mali vrygelaat is.
McGown is in November 2011 saam met die Sweed, Johan Gustaffsson en die Nederlander, Sjaak Rijke, wat ook reeds vrygelaat is, by ʼn hostel in Timboektoe ontvoer.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, sê McGowan is op 29 Julie vrygelaat.
Die minister het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hom die tyd en geleentheid te gun om te herstel en saam met sy familie te wees.
The post Stephen McGown vrygelaat appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.