![ANC bid dat God "DA vernietig"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Mangaung-19-150x150.jpg)
Die Demokratiese Allianse vra vir optrede teen ‘n Mangaung Raadslid van die ANC wat gedurende ‘n raadsvergadering die week gebid het dat die DA vernietig word.
Die ANC se David Pongola het Dinsdag verrigtinge van die Mangaung Metro Munisipaliteit Raad op versoek van die Speaker Raadslid Mxolisi Siyonzana, met gebed geopen.
Hy het in Xhosa gebid en aan die einde van sy gebed glo versoek dat God die DA total moet vernietig en laat doodgaan.
Die ANC raadslede het na bewering hierop gelag en spottende na die DA lede gewys.
Die DA het die speaker versoek om Raadslid Pongola aan te spreek en om hom te beveel om die gewraakte woorde terug te trek.
Pongola het heelwat later die woorde glo laggend teruggetrek.
Die DA se raadslid Dalena Dennis sê Pongola se optrede is in stryd met die staande reels en regulasies van die Mangaung Metro Munisipaliteit en sy optrede maak ‘n bespotting van Geloof.
“As ‘n Christen gelowige is ek ook van opinie dat ek en ander Christelike gesinde lede van die DA beledig en verkleineer is en ons Geloof tot bespotting gebring is,” sê Dennis
“Die DA is van mening dat die Speaker ingevolge reël 10 1 (c) iii dadelik moes opgetree en die sentiment moes verwerp het.”
Dennis sê dit is niedie eerste keer dat Pongola die selfde sentimente uiter nie.
The post ANC bid dat God “DA vernietig” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.