
President Donald Trump van Amerika het nuwe sanksies teen Rusland bekragtig.
Dit is daarop gemik om die Oos-Europese land te straf vir sy beweerde inmenging in verlede jaar se Amerikaanse verkiesing en sy optrede in die Oekraïene.
Die wetgewing stel ook sanksies in teen Iran en Noord-Korea.
Trump het met die ondertekening gesê hy is nie heeltemal tevrede daarmee nie, want dit bevat ernstige gebreke.
Moskou sê hy behou die reg voor om teenmaatreëls in te stel.
The post Nuwe sanksies teen Rusland appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.