
Die leier van die DA, Mmusi Maimane, sê dit was die Parlement wat Jacob Zuma tot president verkies het en dus moet dieselfde instelling besluit of hy verwyder moet word en nie die ANC se nasionale uitvoerende komitee nie.
Hy het ‘n versoekskrif met die handtekeninge van meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaners aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa oorhandig waarin ‘n mosie van wantroue in Zuma gesteun word.
Dit word Dinsdag in die Parlement gedebatteer.
Die versoekskrif vra Ramaphosa onder meer om teen Zuma te stem as die enigste mens wat Suid-Afrika kan red.
Maimane sê Ramaphosa kan nie langer stilbly nie.
The post Versoekskrif vra Ramaphosa om teen Zuma te stem appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.