
Die parlementêre komitee op Kommunikasie het onthul dat 362 mense aansoek gedoen het om op die nuwe SAUK-raad te dien.
Voorsitter Humphrey Maxegwana sê daar is begin om ‘n kortlys op te stel en onderhoude te voer.
Die syfer is vermoedelik die hoogste wat nog ooit vir die posisies aansoek gedoen het.
Die saak van die uitsaaier se gewese groepshoof, Hlaudi Motsoeneng, weens beweerde onregmatige afdanking is intussen vir arbitrasie verwys nadat die twee partye nie ‘n skikking kon bereik op die kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie.
Hy eis om heraangestel te word ondanks sy skuldigbevinding oor ‘n nuuskonferensie wat hy gehou het terwyl hy geskors was.
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër bevind dat Motsoeneng se aanstelling ongeldig is omdat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.
The post 362 mense doen aansoek vir nuwe SAUK-raad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.