
Die Gautengse Onderwysdepartement probeer vasstel wat daartoe gelei het dat ‘n graad elf-leerling haar eie lewe geneem het by die Sekondêre Skool Thutopele in Kagiso aan die Oosrand.
Brenda Sithola kon skynbaar nie matriek skryf nie omdat haar ma nooit haar geboorte geregistreer het nie en sy dus nie ‘n geboortesertifikaat of ‘n identiteitsdokument het nie.
Woordvoerder Steve Mabona sê die departement is hartseer oor die tragedie.
The post Graad elf-leerling neem haar eie lewe appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.