
Die SAUK hou vandag ‘n openbare sitting oor sy redaksionele beleid in
Upington in die Noord-Kaap.
Die openbare sittings volg nadat die kommunikasie owerheid OKOSA beveel het dat die SAUK moet terugkeer na sy redaksionele beleid van 2004 terwyl ‘n openbare deelname-proses oor ‘n nuwe beleid plaasvind.
Die sitting wat gister in Kimberley sou plaasvind, is gekanselleer weens gebrekkige bywoning.
Openbare sittings vind ook plaas in die Vrystaat, Noordwes en Limpopo.
Die SAUK-woordvoerder, Kaizer Kganyago sê die openbare uitsaaier vra vir insette oor beleid vir nuus, taal, godsdiens en plaaslike inhoud.
The post SAUK hou sitting oor redaksionele beleid appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.