
Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê hy is bekommerd oor die Gupta-familie se rol in die beïnvloeding van besluite by staatsbeheerde instellings.
Hy het gereageer op die skorsing van die hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, en gesê hy steun die besluit ten volle.
Gigaba sê net soos alle Suid-Afrikaners, is hy bekommerd oor die Guptas en dit is belangrik dat ‘n geregtelike kommissie van ondersoek aangestel word om die waarheid vas te stel en duidelikheid te verskaf.
The post Gigaba bekommerd oor Guptas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.