
‘n Senior regter van die Hooggeregshof in Bloemfontein, Jake Moloi, is dood in sy huis in die stad gekry.
Volgens berigte is hy glo aan natuurlike oorsake dood.
Ondersoek is ingestel nadat personeellede van die hooggeregshof bekommerd geraak omdat hy nie sy e-posse beantwoord of sy telefoon geantwoord het nie.
Die 70-jarige Moloi was sedert 2009 ’n regter in die hooggeregshof.
The post Senior regter dood in sy huis gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.