
Die verhoor van drie skoolseuns van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein, wat van die verkragting van ’n medeleerling aangekla word, is weer uitgestel vir opdragte van die direkteur van Openbare Vervolging in die Vrystaat.
Hulle moet weer op 28 Augustus in die hof verskyn.
Dit was gister die seuns, van onderskeidelik 16 en 15 jaar oud, se derde verskyning in die One Stop Child Justice-sentrum in Bloemfontein sedert die voorval verlede maand.
Die saak spruit uit ’n voorval waartydens die seuns na bewering ’n dronk 14-jarige meisie op die skoolterrein seksueel aangerand en ’n selfoonvideo daarvan gemaak het.
The post Verhoor van 3 Bfn-skoolseuns uitgestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.