![Ondersoekproses na sake by Eskom gaan begin](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Light-8-150x150.jpg)
Eskom maak vandag sy finansiële resultate bekend te midde van die voortgesette omstredenheid oor die verwagte uitbetaling van buitensporige sogenaamde prestasiebonusse aan senior bestuurslui van die kragvoorsiener.
Eskom het vroeër bekend gemaak dat hy bonusse aan huidige en voormalige senior bestuurslui, onder wie die omstrede Brian Molefe, gaan uitbetaal.
Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, het erken dat die aantygings van korrupsie by Eskom die maatskappy se integriteit geskaad het.
The post Eskom maak finansiële resultate bekend appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.