![Superrugby: Kankeroorlewende terug by Brumbies](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-328-150x150.png)
Die Wallaby, Christian Lealiifano, wat kanker oorwin het, maak Vrydag sy langverwagte terugkeer na Superrugby vir die Brumbies byna ’n jaar nadat leukemie by hom gediagnoseer is.
Lealiifano speel Vrydag vir die eerste keer weer Superrugby nadat hy verlede jaar ’n beenmurgoorplanting gekry het.
Die 29-jarige losskakel is op die plaasvervangerbank ingesluit vir die Aussies se wedstryd teen die Hurricanes in Canberra.
The post Superrugby: Kankeroorlewende terug by Brumbies appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.