![Egpaar op hul plaas vasgebind, beroof](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-298-150x150.png)
‘n Bolandse egpaar is gisteraand laat op hul plaas buite die Paarl vasgebind en van hul besittings beroof.
Die middeljarige man en sy vrou is deur vier gewapende mans oorval
Die vier mans is met huishoudelike goedere en die egpaar se Citroën vort.
’n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, dr. Johan Burger, sê intussen die toename in plaasaanvalle in Suid-Afrika is waarskynlik deel van die groter toename in moord en ernstige rooftogte in die land.
Volgens Burger het die moordsyfer in die land die afgelope vyf jaar met meer as 20% toegeneem en ernstige rooftogte met 31%.
The post Egpaar op hul plaas vasgebind, beroof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.