![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Trump-se-muur-kan-sonkrag-wek-150x150.png)
Amerika se president Donald Trump het voorgestel om sy beplande muur met op die grens van Meksiko met sonkragpanele toe te rus.
Trump het onlangs die voorstel gemaak aan sy Republikeinse kollegas, maar veral Demokrate, wat voor die Amerikaanse presidensiële verkiesing meestal téén die bou van die muur was, kan moontlik anders dink aangesien sogenaamde groen- energie ‘n belangrike beleidskwessie onder veral sy teenstanders is.
Effektiewelik het Trump sy opposisie se monde gesnoer met ‘n baie effektiewe manier om, soos hy belowe het, nie net Amerikaners veilig te hou nie, maar ook om energie te wek wat omgewingsvriendelik is.
Benewens kan die elektrisiteit wat deur die sonkrag-muur opgewek word, goedkoper verkoop word aan, Meksiko wat aangedui het dat hulle nie die kostes om die muur op te rig met Amerika sal deel nie.
Demokrate poog tans om te keer dat Amerikaanse senaat goedkeuring verleen aan die muur waarvoor $ 1,6 Miljard nodig is.
Hier is voorstellings van hoe die muur moontlik kan lyk:
Click to view slideshow.
The post Trump wil sonkrag-muur bou appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.