Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Verhoed uitbetalings aan Motsoeneng”

$
0
0

Die organisasie teen belastingmisbruik, Outa, het die SAUK se tussentydse raad gevra om enige uitbetalings aan die afgedankte operasionele hoof, Hlaudi Motsoeneng, te verhoed.

Die organisasie is bekommerd omdat president Jacob Zuma versuim om die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die openbare uitsaaier goed te keer.

Outa sê dit kan daartoe lei dat Motsoeneng nog uitbetalings kry wat hy nie verdien nie.

Die ANC-parlementslid Lerumo Kalako, wat die sweep van die parlementêre komitee op Kommunikasie is, het intussen vroeër gewaarsku dat die onsekerheid by die SAUK nie uitgerek moet word deur die SOE se ondersoek te vertraag nie.

Daar is verwag dat Zuma reeds einde verlede maand die ondersoek sou bekragtig.

Kalako wys daarop dat die tussentydse raad slegs vir ‘n tydperk van ses maande aangestel is.

The post “Verhoed uitbetalings aan Motsoeneng” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!