Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Maimane besoek omstrede suiwelprojek

$
0
0

Die DA leier, Mmusi Maimane besoek Woensdag die Vrede-suiwelprojek wat sedert sy ontstaan in omstredenheid gedompel is.

Maimane se besoek volg nadat die party se Vrystaatse leier, Patricia Kopane en leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, verlede week toegang tot die projek geweier is.

“Die enigste begunstigdes uit die projek was die Gupta-familie”

Die DA wil weet hoe die R 114 miljoen vir die projek wat uit belastingbetalers se sakke kom, aangewend is en in watter mate die projek moontlik deur die Gupta-familie gekaap is.

Na bewering beloop die familie se winste nagenoeg R 184 miljoen uit die projek wat veronderstel was om plaaslike inwoners te bemagtig en die provinsie se landboute bevorder.

Maimane sê die enigste begunstigdes uit die projek was die Gupta-familie.

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het vroeër aangedui dat sy teen die einde van Julie die verslag rondom die ondersoek na die Vrede-suiwelprojek sal bekendmaak.

The post Maimane besoek omstrede suiwelprojek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!