![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-296-150x150.png)
Die ANC-parlementslid, Makhosi Khoza sê haar kinders word met die dood
gedreig weens haar standpunt oor ‘n geheime stemming tydens die komende
mosie van wantroue in president Jacob Zuma.
Die debat oor die mosie vind op 8 Augustus plaas.
Khoza en die leier van die UDM, Bantu Holomisa wil hê die mosie moet per geheime stemming beslis word om parlementslede te beskerm wat
viktimisasie vrees.
Khoza sê sy sal volhou om haar teen korrupsie uit te spreek.
The post Khoza se kinders word met die dood gedreig appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.