
Die Wes-Kaapse polisie het gisteraand op twee plekke beslag gelê op
perlemoen ter waarde van miljoene rand.
Volgens die polisie se luitenant-kolonel André Traut, is ses verdagtes in hegtenis geneem, terwyl ‘n koeltrok ook gekonfiskeer is.
Hy sê die polisie het ná ‘n wenk eers op ‘n plaas in Brackenfell toegeslaan en beslag gelê op meer as 40 000 stukke vars en gedroogde perlemoen, asook toerusting.
‘n Halfuur daarna is ‘n vrou en drie mans ook ná ‘n wenk gearresteer toe ‘n koeltrok met sowat vyf ton gevriesde perlemoen in Montague Gardens, buite Kaapstad, voorgekeer is.
The post Polisie vind perlemoen ter waarde van miljoene appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.