Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Aansoek om Abrahams uit sy pos te verwyder

$
0
0
Aansoek om Abrahams uit sy pos te verwyder

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het president Jacob Zuma skriftelik versoek
om Shaun Abrahams weens onbevoegdheid te verwyder uit sy pos as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Maimane sê in ‘n verklaring Abrahams is bevooroordeeld en doen niks in verband met aanklagte teen Zuma en die Gupta-familie nie.

Hy sê sedert Abrahams in 2015 aangestel is, het hy sekere individue teen vervolging beskerm en is hy doodstil oor duidelike dade van grootskaalse korrupsie en staatskaping deur ‘n klein politieke elite-groep gelei deur die Guptas.

Die voorsitter van die SAKP, Senzeni Zokwana, het intussen op die party se nasionale konferensie in Boksburg aan die Oos-Rand teen die Gupta-familie te velde getrek en gesê hulle moet ophou om by die ANC se sake in te meng, en die party uitlos.

Hy het ook die Guptas daarvan beskuldig dat hulle probeer om die nasionale mynwerkersunie, NUM, te kaap.

The post Aansoek om Abrahams uit sy pos te verwyder appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!