
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gerugte ontken dat Gauteng komende Sondag sy ergste kouefront nóg dié winter gaan beleef.
Volgens ’n Twitter-boodskap wat die rondte doen, sal temperature tot onder vriespunt daal, maar die Weerdiens sê egter daar is geen kouefront aan die kom nie.
’n Koue front gepaard met reën sal na verwagting Saterdagaand in die Wes-Kaap aankom, terwyl sneeu Sondag op hoogliggende gebiede in die Wes- en Noord-Kaap kan val.
Sneeu word ook in dele van die Oos-Kaap en Lesotho verwag.
The post “Geen kouefront op pad” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.