![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/School_2-9-150x150.jpg)
Die Vryheidsfront Plus sê enkelmedium-Afrikaanse skole het onder die ANC-regering sedert 2002 met byna ʼn derde verminder wat bewys dat die aanslag teen Afrikaans ook op basiese onderwysvlak hewig is.
Woordvoerder Anton Alberts sê daar is ʼn aggressiewe houding teenoor Afrikaans waar skole gedwing word om andertalige leerlinge in te neem waarna die proses van dubbelmedium en later totale verengelsing vinnig volg.
Volgens die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die getal Afrikaanse skole vanaf 1 814 in 2002 tot slegs 1 234 in 2016 afgeneem.
The post Getal Afrikaanse skole daal appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.