Amerika se president Donald Trump en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, het mekaar die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet met die begin van die G20-beraad in Hamburg, Duitsland.
Hulle sal later vandag ‘n langer vergadering hê.
Volgens berigte gaan die tweedaagse beraad oorheers word deur besprekings oor klimaatsverandering en handel, terwyl massa-betogings in die strate van Hamburg plaasvind.
Verskeie geleenthede wat met die beraad verband hou, is deur die betogings ontwrig.
The post Massa-betogings by G20-beraad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.