![ANC: 'SA moet aan ICC onttrek'](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-252-150x150.png)
Die ANC se nasionale beleidskonferensie hou voet by stuk dat Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof moet onttrek.
Miriam Seohatse, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het gisteraand hierdie en ander beleidsvoorstelle van die konferensie se kommissie oor internasionale betrekkinge op ’n mediakonferensie bekend gemaak.
Die aankondiging kom ’n dag voor die strafhof vandag ’n bevel sal maak oor of Suid-Afrika verkeerd was toe hy nie in Junie 2015 vir pres. Omar al-Basjir van Soedan in hegtenis geneem het toe hy in die land was vir ’n Afrika-Unie-beraad nie.
Suid-Afrika is ’n lid van die Verdrag van Rome en was daarom verplig om Al-Basjir op aanklagte van volksmoord en misdade teen die mensdom te arresteer.
The post ANC: ‘SA moet aan ICC onttrek’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.