![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-239-150x150.png)
‘n Vrou is dood in ’n brand by ’n ouetehuis in Wellington.
Volgens Robert Daniels, EMS-woordvoerder in die Wes-Kaap, het die brand vanoggend ontstaan en ’n deel van Huis Lizelle op die dorp het aan die brand geslaan.
Daniels het aan Netwerk24 gesê al die ander inwoners by die ouetehuis is ongedeerd, maar van die inwoners is vir skok behandel.
Die oorsaak van die brand word tans ondersoek.
The post Vrou sterf in brand by ouetehuis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.