
Die verhoor van die Gautengse eiendomsmagnaat, Jason Rohde, sal na verwagting binne die volgende drie maande na die Wes-Kaapse Hooggeregshof oorgeplaas word.
Hy het weer vanoggend in die landdroshof op Stellenbosch verskyn en die aanklaer, Louis van Niekerk, het gesê die partye het ooreengekom dat ‘n voorverhoor op 18 Augustus sal plaasvind en dat die verhoor op 9 Oktober in die hooggeregshof in Kaapstad sal begin.
Rohde word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Susan, in Julie 2016 vermoor het.
Haar liggaam is in die badkamer van hul hotelkamer op die Spier-landgoed buite Stellenbosch gevind.
The post Moordsaak: Rohde weer in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.