
Die Johannesburgse brandweer en metropolisie is steeds op die toneel nadat ‘n brand vanoggend in ‘n sewe-verdieping-gebou in die middestad uitgebreek het.
Die kantore van die Gautengse premier, David Makhura, is in die gebou.
Nooddiensspanne het die gebou ontruim en geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
The post Gebou-brand: Brandweer, polisie steeds op toneel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.