
Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê sy kantoor is tans met die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, in gesprek om duidelikheid te kry oor haar onlangse verslag en aanbeveling oor die Reserwebank.
Hy het voor die begin van die ANC se beleidskonferensie gesê sy departement dring aan op die onafhanklikheid van die Reserwebank om monetêre beleid te bepaal soos in die Grondwet bepaal.
Mkhwebane het aanbeveel dat die Grondwet gewysig word om die Reserwebank se mandaat aan te pas.
The post Reserwebank: Gigaba, OB in gesprek oor verslag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.