
President Jacob Zuma sê sommige ANC-lede moet ophou om negatiewe dinge oor die party in die openbaar te sê en faksionalisme is ‘n kanker wat uit die ANC uitgeroei moet word.
Hy het die ANC se beleidskonferensie by Nasrec in Johannesburg geopen en gesê die ANC moet homself van negatiewe neigings reinig.
Zuma sê Suid-Afrika het ‘n gesonde en verenigde ANC nodig.
Hy het volgens Netwerk24 ook gesê toegang tot staatsmag en hulpbronne het tot die persepsie gelei dat ANC korrup is; dat dit belangrik is dat die ANC op die voorgrond moet wees om korrupsie te beveg; dat magsmisbruik van ANC-lede aangespreek moet word; dat die eenheid van die ANC-alliansie belangrik is en beskerm moet word en nie deur persoonlike haat verwoes word nie; en dat die jeug gehelp moet word met gratis hoër onderwys.
The post “Lede moet ophou om negatiewe dinge te sê” – Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.