
President Jacob Zuma het in Johannesburg by ‘n gala-geleentheid op die
vooraand van die ANC se nasionale beleidskonferensie gesê die ANC is ten spyte van sy uitdagings steeds die enigste party wat ‘n verenigde en nie-rassige
Suid-Afrika kan verseker.
Die geleentheid is gehou om fondse vir die ANC in te samel.
Die ANC se nasionale beleidskonferensie word van vandag af tot 5 Julie by die Nasrec-uitstalsentrum gehou.
‘n Groot aantal diplomate en sakelui het die glansgeleentheid bygewoon.
The post “ANC is enigste party wat nie-rassige SA kan verseker” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.