
Die polisie in die Vrystaat het ‘n beloning van R300 000 uitgeloof vir
inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van twee
polisiemanne gisteroggend op Koffiefontein.
Konstabels Obert Mekoa en Mzonani Manjo is omstreeks vieruur gisteroggend in die aanklagkantoor doodgeskiet.
Die waarnemende polisiekommissaris in die Vrystaat, generaal-majoor Moeketsi Sempe, en die vakbonde, Popcru en Sapu, het die moorde ten sterkste veroordeel.
The post R300 000 vir inligting oor 2 polisiemanne se moord appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.