
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, het die pluimveebedryf en die publiek verseker dat die regering alles in sy vermoë doen om die uitbreking van voëlgriep te beperk.
Zokwana het in Pretoria gesê alle eienaars van pluimvee moet verhoed dat hul hoenders met enige wilde voëls in aanraking kom.
Duisende hoenders is as voorsorgmaatreël vankant gemaak nadat twee gevalle van voëlgriep op ‘n hoenderplaas by Villiers in die Vrystaat en op ‘n eierplaas buite Standerton in Mpumalanga by die departement aangemeld is.
The post Voëlgriep: “Regering sal alles doen om uitbreking te beperk” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.