![Polisiebeamptes in Koffiefontein vermoor](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/7j1xdd7-37-150x150.png)
Twee polisiebeamptes se liggame is in by ‘n gemeenskapsdienssentrum van die Koffiefontein-polisiestasie gevind waar hulle vermoedelik aangeval en vermoor is.
Polisiebeamptes het vanoggend op die liggame van konstabels Boitumelo Mekoa en David Manjo afgekom nadat hulle ernstige wonde tydens die aanval opgedoen het.
Die Vrystaatse waarnemende polisiekommissaris, Maj-Gen Moeketsi Sempe, sê hy het reeds ‘n ondersoekspan aangestel om die verdagtes vas te trek.
Een van die polisiebeamptes se dienspistool is in die aanval gesteel.
Sempe het die polisie se innige meegevoel met die familie van die vermoorde polisiebeamptes getuig en sê die ondersoek sal onverpoosd voortgaan totdat die misdadigers aangekeer word.
The post Polisiebeamptes in Koffiefontein vermoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.