Die Suid-Afrikaanse weermag sê aansoekvorms is vryelik beskikbaar vir
jongmense wat graag as permanente lede wil aansluit.
Die weermag het ‘n verklaring uitgereik nadat 237 jongmense deur ‘n man na Gauteng gelok is met die belofte dat hulle werk teen die betaling van ‘n fooi sou verkry.
Die bedrieër is in hegtenis geneem en die jongmense na hul huise teruggestuur.
The post Weermag: Aansoekvorms is beskikbaar vir jongmense appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.