![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/AfriForum-9-150x150.jpg)
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan môreoggend ‘n honderd beëdigde verklarings by die Lyttelton-polisiestasie in Pretoria inhandig.
Dié beëdigde verklarings hou verband met rassisme, haatspraak en aanhitsing tot verskeie vorme van geweld op sosiale media deur verskillende mense en sal deur skermgrepe van dié opmerkings gerugsteun word.
Die beëdigde verklarings vorm die tweede deel van ’n reeks klagtes wat by die polisie ingedien sal word en spruit uit verskeie vergaderings tussen AfriForum en die SAPD.
The post AfriForum dien 100 beëdigde verklarings in appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.