![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_2-59-150x150.jpg)
Die verkragtingsaak van drie seuns van onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar is in
die kinderhof in Bloemfontein tot 27 Julie uitgestel.
Die seuns is in hegtenis geneem nadat ‘n video versprei is van ‘n wandaad met ‘n meisie wat skynbaar onder die invloed van alkohol was.
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit oor die uitstel is geneem sodat die Direkteur van Openbare Vervolgings instruksies kan gee oor hoe die saak verder hanteer moet word.
Die drie seuns is in die sorg van hul ouers vrygelaat.
The post Verkragtingsaak van 3 seuns uitgestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.