![Pluimveebedryf steier onder voëlgriep](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-184-150x150.png)
Die plaaslike pluimveebedryf steier onder die uitbreking van voëlgriep onder
hoenders in Suid-Afrika, selfs al is dit nog net tot twee plase beperk.
Kleiner agterplaasprodusente ly verliese want hulle mag nie lewende hoenders
verkoop nie en die land se grootste pluimveeprodusent, Astral, het nou al 6% van sy teelhoenders weens die hoogs aansteeklike virussiekte verloor.
Daar word vermoed dat die H5N8-virus deur wilde voëls na Suid-Afrika oorgedra is.
The post Pluimveebedryf steier onder voëlgriep appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.