![Rosestad 100.6 Nuus Hospitaal](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Hospitaal-150x150.jpg)
Dr. Makhosi Khoza, voorsitter van die parlementêre oorsigkomitee vir
staatsdiens en administrasie, sê dit is duidelik die bestuur van die Universitas- en Pelonomi-hospitale in Bloemfontein weet nie wat in hul hospitale aangaan nie.
Netwerk24 berig Khoza, sowel as ander komiteelede het hul skok uitgespreek oor die algemene toestand van die stad se staatshospitale.
Dié komitee het gistergoggend ’n beplande besoek by die Universitas-hospitaal afgelê, en nadat talle pasiënte by dié hospitaal oor die Pelonomi-hospitaal se swak diens gekla het, ook ’n onbeplande besoek by Pelonomi afgelê.
Khoza was veral ontsteld oor die Pelonomi-hospitaal se onaangename reuk, onhigiëniese voorkoms, vuil vloere en ’n pasiënt wat in ’n gang gelê en slaap het.
The post “Hospitale in Bfn weet nie wat by hulle aangaan nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.