
Die EFF-leier, Julius Malema, se prokureur, Tumi Mokwena, is in die landdroshof op Lebowakgomo in Limpopo op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Hy het na bewering verlede Donderdag vier mense op die Zebediela-sitruslandgoed in geskiet en het Vrydag vlugtig in die hof verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.
Die polisie se luitenant-kolonnel Moatshe Ngoepe het vroeër gesê Mokwena het van die polisie gevlug en is Donderdagaand in Polokwane/Pietersburg in hegtenis geneem.
The post Malema se prokureur op borgtog vrygelaat appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.