’n Bloemfonteinse vrou is dood nadat sy Saterdag vermoedelik deur ses honde verskeur is.
Netwerk24 berig die 45-jarige Petronella Swarts se liggaam is Sondagoggend deur inwoners van Bloemspruit in ’n oop stuk veld in dié buurt gevind.
Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek is voorlopig begin terwyl die voorval ondersoek word.
Die eienaar van die honde, Patrick Fortein, wat vermoedelik vir Swarts se dood verantwoordelik was, sê hy is verskriklik jammer, maar hy is nie seker of sy honde vir haar dood verantwoordelik is nie.
The post Bfn-vrou glo deur ses honde verskeur appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.