
‘n Skietgeveg tussen die polisie en vermeende rowers het gister in die vroeë oggendure op Delareyville in Noordwes uitgebreek toe ‘n groep mans na bewering probeer het om ‘n kitsbank te beroof.
‘n Woordvoerder van die Valke, kaptein Tlangelani Rikhotso, sê dit het gebeur toe die polisie ná ‘n wenk op die toneel opgedaag het.
Niemand is beseer nie en die rowers het in ’n voertuig gevlug sonder dat hulle daarin kon slaag om enige geld uit die kitsbank se kluis te steel.
The post Skietgeveg tussen polisie, rowers tydens rooftog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.