
Die Vrystaatse LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het opdrag gegee dat seuns van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein — wat vroeër die maand ’n 14-jarige meisie by die skool seksueel aangerand het — onmiddellik geskors word.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Thandi Mbambo, was twee seuns betrokke en het nog twee die voorval op ’n selfoon afgeneem waarna dit op sosiale media versprei is.
Alkohol was glo betrokke en die meisie kon blykbaar glad nie die voorval onthou toe sy in die hospitaal wakker geword het nie.
The post Meisie (14) deur seuns seksueel aangerand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.