Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Gigaba se nuuskonferensie was ‘n mislukking”

$
0
0
"Gigaba se nuuskonferensie was 'n mislukking"

Die DA se woordvoerder oor Finansies, David Maynier, sê die minister van Finansies, Malusi Gigaba, se nuuskonferensie oor die pad vorentoe vir die Suid-Afrikaanse ekonomie was gister ’n totale mislukking, en al wat daaruit gekom het is dat president Jacob Zuma binne twee weke die resessie met die ekonomiese groepering in die regering sal bespreek.

Maynier sê daar is verwag dat die minister nuwe maatreëls sou aankondig om die ekonomie ’n hupstoot te gee en die resessie die hoof te bied.

Die EFF het geëis dat Gigaba en sy adjunk, Sfiso Buthelezi, afgedank word weens hul mislukte poging om ‘n plan voor te lê om die ekonomie te red.

Die party sê dié belangrike portefeulje kan nie gelei word deur mense wat oor hulle beweerde betrokkenheid by staatskaping in omstredenheid gedompel is nie.

EFF sê geen binnelandse of oorsese beleggers sal vertroue in die land se ekonomie kan hê as hulle weet van die minister se bande met die Gupta’s nie.

The post “Gigaba se nuuskonferensie was ‘n mislukking” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!