![Renosterhorings by lughawe gevind](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-112-150x150.png)
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag by die O.R. Tambo-lughawe by Kemptonpark sy tweede vonds van renosterhoring binne vier dae gemaak toe ‘n sak met vyf renosterhorings ter waarde van R6 miljoen gevind is.
SAID-woordvoerder Sandile Memela sê doeanebeamptes het die sak gevind op ’n vliegtuig wat na Hongkong op pad was, en ’n passasier is as die eienaar van die sak geïdentifiseer.
Maandag is twee sakke met tien renosterhorings ter waarde van R4,99 miljoen gekonfiskeer.
The post Renosterhorings by lughawe gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.