![Londen: Brand breek uit in woonstelgebou](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-99-150x150.png)
Daar word gevrees dat mense dood is toe ‘n reuse brand in die vroeë
oggendure in ‘n 27-verdieping woonstelgebou in die westelike deel van Londen, Engeland, uitgebreek het.
Ongeveer 200 brandweerbeamptes is na die toneel gestuur en verskeie inwoners van die gebou van 120 woonstelle, wat daarin geslaag het om van die vlamme weg te kom, is op die toneel vir brandwonde en rookinaseming behandel.
Die hele woonstelblok is in vlamme gehul en kan inmekaar tuimel.
The post Londen: Brand breek uit in woonstelgebou appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.