![GEEN VERHOGING IN KLASGELD VOLGENDE JAAR](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hundreds-1-150x150.jpg)
Die eerste stel bepalings van die Wysigingswet op die Finansiële Inligtingsentrum het van krag geword.
Die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, moes op ‘n datum besluit waarop die wet in werking tree. President Jacob Zuma het die wet in April onderteken nadat hy die grondwetlikheid daarvan bevraagteken het.
Gigaba het ‘n tydsraamwerk vir die inwerkingstelling van sekere bepalings geskeduleer. Ander bepalings sal nie later as 2018 geïmplementeer word nie. Die wet het ten doel om misdaad soos geldwassery en die finansiering van terreur te voorkom.
The post Wysigingswet se bepalings van krag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.