![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-89-150x150.png)
Absa gaan die week R10 miljoen aan die Universiteit van die Vrystaat skenk as deel van ’n beursprogram om toegang tot tersiêre onderrig vir verdienstelike behoeftige studente moontlik te maak.
Die vise-kanselier en rektor van die universiteit, professor Francis Petersen, sê dit is ’n lofwaardige inisiatief wat wys hoe sake-ondernemings akademiese instellings kan help om geleenthede vir jong mense te skep.
Studente in huishoudings met ’n gesamentlike bruto inkomste van hoogstens ‘n miljoen rand per jaar, en ’n gemiddelde akademiese prestasie van 55% of hoër, mag aansoek doen.
The post Absa skenk R10 miljoen aan UV appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.