Die toerismebedryf in die Suid-Kaap het ‘n groot knou gekry weens verlede week se verwoestende brande by Knysna en Plettenbergbaai.
Volgens die Wes-Kaapse LUR, Alan Winde, is minstens 24 toeristegeriewe deur die brande in die Edendistrik geraak.
Die voorsitter van Knysna-toerisme, Elmay Bouwer, sê hulle wil ondanks die brande, ’n boodskap aan toeriste stuur dat alle toerisme-bedrywighede ten volle voortgaan soos die Oesterfees wat binnekort plaasvind.
Volgens haar is al die restaurante en winkels by die Knysna-waterfront ook ongeskonde.
The post Brande: Toerisme-bedrywighede gaan voort appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.