![Brandbestryder sterf in wegholbrande](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-64-150x150.png)
‘n Brandbestryder, die 24-jarige Bradley Richards, is dood in die stryd om wegholbrande in die Suid-Kaap te blus.
Hy is gister in die George Mediclinic opgeneem nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe hy gehelp het om die brande in Plettenbergbaai te blus.
Nog ’n brandbestryder is in die hospitaal nadat hy brandwonde aan sy gesig, hande en bene opgedoen het.
Sowat 80% van die brande is nou onder beheer en sommige gebiede is weer veilig verklaar.
Amptenare en inwoners het reeds met opruimingsoperasies begin.
Ná drie dae waarin verskeie gemeenskappe in Nelson Mandelabaai en die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap bedreig is, is die meeste van dié brande ook onder beheer gebring.
‘n Munisipale woordvoerder, Mthubanzi Mniki, sê die brande in die Van Stadensrivier-gebied woed nog.
Minstens vier huise het reeds in die gebied afgebrand.
Intussen sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens dit gaan ‘n droë dag oor die grootste deel van die land wees met uiterste brandgevaartoestande in die verre noordelike dele van die Noord-Kaap.
Daar is slegs ‘n 30% kans op reën aan die KwaZulu-Natal Noordkus – in die res van die land sal dit droog en koud wees.
The post Brandbestryder sterf in wegholbrande appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.