
Cheslin Marsh, wat saam met sy mede-Matie-student, die 21-jarige Hannah
Cornelius, op Stellenbosch aangeval en ontvoer is, sterk tuis aan nadat hy gister uit die hospitaal ontslaan is.
Hy het Maandag ’n operasie aan sy arm ondergaan en het ook kopbeserings in die aanval op Saterdag 27 Mei opgedoen nadat die aanvallers hom met bakstene gegooi en in Kraaifontein vir dood agtergelaat het.
Hy kon ondanks sy beserings inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei het.
The post Matie aangeval, ontvoer: Uit hospitaal ontslaan appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.