Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Zuma moet uittree”– NUM

$
0
0

Die nasionale mynwerkersunie, NUM – een van die grootste vakbonde van
die vakverbond, Cosatu, het ‘n beroep op president Zuma gedoen om uit te tree en adjunk-president Cyril Ramaphosa as sy opvolger goed te keur.

NUM se president Piet Matosa sê die vakbond se nasionale uitvoerende komitee het besluit dat Ramaphosa in Desember die volgende ANC-president moet word.

Hy het gesê die vakbond wil iemand hê wat hoop kan bring dat die ANC gered kan word van sy huidige probleme.

Die EFF het vandag intussen geëis dat president Zuma sy teenstand teen ‘n verslag oor staatskaping deur die voormalige Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela, laat vaar.

EFF-leier Julius Malema sê die party se prokureurs gaan Zuma skriftelik versoek om sy aansoek vir ‘n geregtelike hersiening van die verslag, terug te trek.

Hy sê dit volg op die uitgelekte e-posse wat wys op die invloed van die Gupta-familie op die regering.

Malema sê indien Zuma nie die aansoek terugtrek nie, gaan die EFF die howe nader om Zuma se aansoek vroeër te laat aanhoor as in Oktober.

The post “Zuma moet uittree” – NUM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!